DRAMA (AFRIKAANS)

Afdeling DR - Drama

Event Date:

August 30, 2021

Event Location:

Merensky High School

DATUMS: 30 Augustus – 1 September 2021
INSKRYWINGSFOOI: Groep – R150 | Solo – R100
BEOORDELAAR: Elma Postma

Deelnemers kan uit vier kategorieë kies:
• Kategorie 1: Enkelitem (solo/1 deelnemer)
• Kategorie 2: Enkelitem (groep/2 – 5 deelnemers)
• Kategorie 3: Temaprogram (solo/1 deelnemer)
• Kategorie 4: Temaprogram (groep/2 – 5 deelnemers)

Deelnemers mag aan ‘n maksimum van TWEE kategorieë deelneem, waarvan een ‘n solo en een ‘n groepkategorie mag wees. Deelnemers mag dus nie aan twee solo’s (Kategorie 1 en 3) of twee groepkategorieë (Kategorie 2 en 4) deelneem nie.

Enkelitem (Kategorie 1 en 2)
• Hierdie kategorieë vereis ‘n enkelitem. Deelnemers kies een van die volgende:
– Gedig (formeel of gedramatiseerd)
– Prosa (formeel of gedramatiseerd)
– Monoloog (solo) of samespraak (groep)
– Mimiek
– Advertensie
– Storie-vertelling
• Die stuk mag in Afrikaans/Engels of tweetalig aangebied word.

Temagrogram (Kategorie 3 en 4)
• Hierdie kategorieë vereis ‘n kreatiewe temaprogram. Deelnemers kies uit die volgende (verwys na sillabus hieronder vir ouderdomspesifieke vereistes):
– Gedig (formeel of gedramatiseerd)
– Prosa (formeel of gedramatiseerd)
– Monoloog (solo) of samespraak (groep)
– Mimiek
– Advertensie
– Storie-vertelling
• Deelnemers kies stukke wat rondom ‘n sentrale tema by mekaar aansluit.
• Bindingsteks/musiek/beweging mag gebruik word om die program te laat vloei.
• ‘n Goed gebalanseerde program (dramatisering, genres, komedie, drama, ens) met die klem op verskeidenheid moet aangebied word.
• Die program kan in Afrikaans/Engels of tweetalig aangebied word.

Algemene inligting
• Daar is nie ‘n onvoorbereide kategorie nie.
• In elke ouderdomskategorie word ‘n wenner, naaswenner, derde plek en mees belowende akteur aangewys.
• Elke deelnemer ontvang ‘n sertifikaat en beoordelaarsrepliek.
• Die Drama-afdeling vind in die Blou Kaross by die MDDK-sentrum plaas. Daar is ‘n klein verhoog (2,5m diep en 7m wyd). Dramablokke is beskikbaar.
• Drag: Swart teaterdrag – kostuumsuggestie en rekwisiete toegelaat.
• Daar is beperkte kleedkamerfasiliteit; meld aan in kostuum.
• Deelnemers moet 15 minute voor aanvang van hulle item gereed wees.
• ‘n “Bluetooth”-luidspreker is beskikbaar indien program dit verlang.
– MP3-formaat op geheuestokkie.
• Hou asseblief by die tydbeperkings.
– Die maksimum optreetyd word aangedui. Dit sluit opstel en afstap in.
– ‘n Klokkie sal gelui word indien tyd oorskry word.
• Meer as een afdeling mag tegelykertyd in die sentrum plaasvind; teater-etiket is dus baie belangrik.
• Versuim of die bogenoemde reëls na te kom, kan tot diskwalifikasie lei.

Sorry, Event Expired

Event Location:

By: MDDK/MDDA

  • Merensky High School
  • R36 between Tzaneen and Modjadjiskloof
  • Tzaneen
  • Limpopo
  • South Africa

Event Schedule Details

  • August 30, 2021 15:00 - September 1, 2021 - 22:00
Share This Event
ADD TO YOUR CALENDAR