DANS (AFRIKAANS)

Event Date:

September 3, 2021

Event Location:

Merensky High School

DATUM: 3 September 2021
INSKRYWINGSFOOI: Groep – R150 | Solo – R100
BEOORDELAAR: Marlee van der Merwe

Deelnemers kan uit vyf kategorieë kies:
• Kategorie 1: Enkelitem (solo/1 deelnemer)
• Kategorie 2: Enkelitem (groep/2+ deelnemers)
• Kategorie 3: Dansprogram (solo/1 deelnemer)
• Kategorie 4: Dansprogram (groep/2+ deelnemers)
• Kategorie 5: Eie choreografie (solo of groep)

Deelnemers mag aan ‘n maksimum van TWEE kategorieë deelneem, waarvan een ‘n solo en een ‘n groepkategorie mag wees. Deelnemers mag dus nie aan twee solo’s (Kategorie 1 en 3) of twee groepkategorieë (Kategorie 2 en 4) deelneem nie.

Enkelitem (Kategorie 1 en 2)
• In hierdie kategorieë bied deelnemers een dans aan.
• Deelnemers kies uit die volgende style (verwys na sillabus hieronder vir ouderdomspesifieke vereistes):
Acrobatics, Ballet, Ballroom, Breakdance, Contemporary, Demi-Character, Disco, Ethnic, Freestyle, Hip-Hop, Lyrical, Latin, Modern, Modern Jazz, NRG, Rhythmic Gymnastics, Show Dance, Slow Dance, Tap Dance.

Dansprogram (Kategorie 3 en 4)
• In hierdie kategorieë bied deelnemers ‘n dansprogram in ‘n verskeidenheid style of ‘n verskeidenheid danse binne een styl aan.
• Deelnemers kies uit die volgende style (verwys na sillabus hieronder vir ouderdomspesifieke vereistes):
Acrobatics, Ballet, Ballroom, Breakdance, Contemporary, Demi-Character, Disco, Ethnic, Freestyle, Hip-Hop, Lyrical, Latin, Modern, Modern Jazz, NRG, Rhythmic Gymnastics, Show Dance, Slow Dance, Tap Dance.

Eie choreografie (Kategorie 5)
• In hierdie kategorie choreografeer die deelnemers self ‘n dansitem vir ‘n solodanser of groep.
• Die dans moet vooraf gechoreografeer word, m.a.w. nie geïmproviseer nie.
• Deelnemers kies uit die volgende style (verwys na sillabus hieronder vir ouderdomspesifieke vereistes):
Acrobatics, Ballet, Ballroom, Breakdance, Contemporary, Demi-Character, Disco, Ethnic, Freestyle, Hip-Hop, Lyrical, Latin, Modern, Modern Jazz, NRG, Rhythmic Gymnastics, Show Dance, Slow Dance, Tap Dance.

Algemene inligting
• Deelnemers ontvang ‘n sertifikaat en beoordelaarsverslag na afloop van die sessie.
• In elke ouderdomskategorie word ‘n wenner, naaswenner, 3de plek en mees belowende danser(s) direk na die sessie aangekondig.
• Die afdeling vind in die MDDK se 5-6-7-8 Dansstudio plaas, waar daar geen verhoog is nie. Die dansarea is 8m breed en 6m diep.
• Alhoewel die grootte van groepe nie beperk word nie, moet deelnemers die beskikbare dansarea in ag neem.
• Deelnemers moet 15 minute voor die aanvang van hulle item gereed wees.
• Hou asseblief by die tydbeperkings.
– Die maksimum optreetyd word aangedui. Dit sluit opstel en afstap in.
– ‘n Klokkie sal gelui word indien die maksimum tyd oorskry word.
• Kostuums moet ouderdomsgepas en komplementêr tot die item/program wees.
• Grimering is toelaatbaar. Haarstyle moet die item/program komplementeer.
• Rekwisiete en minimale kostuumwisseling binne die maksimum tyd word toegelaat. Deelnemers moet self opstel, en mag geen hulp ontvang nie.
• Daar is beperkte kleedkamerruimte beskikbaar. Meld aan in kostuum.
• Musiek slegs in MP3-formaat op geheuestokkie toelaatbaar.
– Handig voor aanvang van die sessie in by klanktafel.
– Gebruik deelnemer/groep se naam as titel vir die snit.
– Sny musiek om tyd van item te pas.
• Meer as een afdeling mag tegelykertyd in die sentrum plaasvind; teater-etiket is dus baie belangrik.
• Versuim om die bogenoemde reëls na te kom, kan tot diskwalifikasie lei.

Sorry, Event Expired

Event Location:

By: MDDK/MDDA

  • Merensky High School
  • R36 between Tzaneen and Modjadjiskloof
  • Tzaneen
  • Limpopo
  • South Africa

Event Schedule Details

  • September 3, 2021 15:00 - 22:00
Share This Event
ADD TO YOUR CALENDAR