INSTRUMENTAAL (AFRIKAANS)

Event Date:
September 1, 2021
Event Location:
Merensky High School
DATUM: 1 September 2021
INSKRYWINGSFOOI: Groep – R150 | Solo – R100
BEOORDELAAR: Prof. Theo van Wyk
Deelnemers kies uit twee subafdelings:
• Subafdeling A: Westerse Klassieke musiek (IA)
• Subafdeling B: Ligte musiek/kontemporêre musiek en/of sinkopasie (IB)
Subafdeling A: Westerse Klassieke Musiek
• Hierdie subafdeling is vir deelnemers wat formele, klassieke afrigting in ‘n musiekinstrument ontvang.
• Die standaard van beoordeling is gelykstaande aan dié van instansies soos UNISA, Royal Schools of Music en Trinity. Dis is egter nie verpligtend vir deelnemers om eksamens by hierdie instansies af te lê om aan hierdie subafdeling te kan deelneem nie.
• Die interpretasie van bestaande musiekstukke is hier belangrik. Deelnemers moet bladmusiek van die musiekstuk/ke aan die beoordelaar oorhandig voor optrede.
• Style in hierdie subafdeling sluit in Barok, Klassiek, Romanties, Impressionisties, 20ste eeus, Kontemporêr ens.
• Deelnemers aan hierdie subafdeling mag in Kategorie 5 ‘n eie komposisie in enige van die style hierbo. ‘n Eie komposisie mag ook as deel van ‘n program aangebied word, mits dit van soortgelyke standaard as die ander stukke in die program is.
Subafdeling B: Ligte musiek/Kontemporêr/Sinkopasie
• Hierdie afdeling is vir deelnemers wat hedendaagse of moderne musiek speel, asook diegene wat op gehoor speel.
• Waar moontlik, moet bladmusiek aan die beoordelaar verskaf word. Deelnemers wat op gehoor speel, moet ten minste ‘n melodielyn en kitaarakkoorde (‘guitar chords’) of basiese akkoordprogressies aan die beoordelaar verskaf.
• Genres in hierdie subafdeling sluit in ligte musiek, kontemporêre musiek, of enige musiekstuk wat op gehoor gespeel word.
Binne die twee subafdelings kies deelnemers uit vyf kategorieë:
• Kategorie 1: Enkelitem (solo/1 deelnemer)
• Kategorie 2: Enkelitem (groep/2–4 deelnemers)
• Kategorie 3: Program (solo/1 deelnemer)
• Kategorie 4: Program (groep/2–4 deelnemers)
• Kategorie 5: Eie komposisie (solo of groep)
Deelnemers mag aan ‘n maksimum van TWEE kategorieë deelneem, waarvan een ‘n solo en een ‘n groepkategorie moet wees. Deelnemers mag dus nie aan twee solo’s (Kategorie 1 en 3) of twee groepkategorieë (Kategorie 2 en 4) deelneem nie.
Enkelitem (Kategorie 1 en 2)
• In hierdie kategorieë speel deelnemers een stuk.
• Deelnemers kies uit die twee Subafdelings soos hierbo genoem.
• Verwerkings van bestaande musiekstukke word slegs in Subafdeling B: Ligte Musiek toegelaat. In Subafdeling A: Westerse Klassieke Musiek, moet die oorspronklike komposisie gespeel word.
Program (Kategorie 3 en 4)
• In hierdie kategorieë speel deelnemers ‘n program in ‘n verskeidenheid genres binne die gekose subafdeling, bv. Subafdeling A: Westerse Klassieke Musiek – Barok, Klassiek en Romanties.
• Verwerkings van bestaande musiekstukke word slegs in Subafdeling B: Ligte Musiek toegelaat. In Subafdeling A: Westerse Klassieke Musiek, moet die oorspronklike komposisie gespeel word.
• Ervare musikante mag ‘n eie komposisie by die program insluit. Gebruik Google se gratis notasieprogram – MuseScore.
• Deelnemers is nie beperk tot een instrument nie.
Eie komposisie (Kategorie 5)
• In hierdie kategorie speel die deelnemers hul eie komposisie vir 1 – 4 musikante.
• Die komposisie moet die deelnemer/s se eie oorspronklike werk wees. Geen verwerkings van bestaande musiekstukke word in hierdie kategorie toegelaat nie.
• Die item moet vooraf gekomponeer word, m.a.w. nie geïmproviseer nie.
Instrumente
• Kandidate kan enige instrument of kombinasie van instrumente gebruik.
• ‘n Akoestiese en digitale klavier is in die lokaal beskikbaar.
• Instrumente moet voor die sessie ingestem word.
Algemene inligting
• Elke deelnemer ontvang ‘n sertifikaat en beoordelaarsverslag na afloop van die sessie.
• In elke ouderdomskategorie word ‘n wenner, naaswenner, 3de plek en mees belowende musikant na afloop van die sessie aangewys.
• Groepe: slegs duette, trio’s en kwartette word toegelaat.
• Alle kandidate oorhandig die bladmusiek aan beoordelaar wanneer opstap.
• DRAG: Gepas vir ouderdom – Konsertdrag: Swart/wit/denim. Geen kostuumwisselings toegelaat.
• Beperkte kleedkamerfasiliteite, kom dus geklee vir optrede.
• Afrigters moet seker maak dat deelnemers aan die vereistes van die subafdelings en kategorieë voldoen. Deelnemers wat hiervan afwyk, kan gediskwalifiseer word.
