REDENAARS (AFRIKAANS)

Event Date:
August 30, 2021
Event Location:
Merensky High School
DATUMS: 30 – 31 Augustus 2021
INSKRYWINGSFOOI: R100 per toespraak
Deelnemers kan uit vier kategorieë kies:
• Kategorie 1: Individuele voorbereide oorredingstoespraak (Afrikaans Huistaal)
• Kategorie 2: Individuele voorbereide oorredingstoespraak (Afrikaans Addisionele Taal)
• Kategorie 3: Individuele onvoorbereide oorredingstoespraak (Afrikaans Huistaal)
• Kategorie 4: Individuele onvoorbereide oorredingstoespraak (Afrikaans Addisionele Taal)
Deelnemers mag aan ‘n maksimum van TWEE kategorieë deelneem.
Individuele voorbereide oorredingstoespraak (Kategorie 1 en 2)
• Hierdie kategorieë vereis ‘n voorbereide oorredingstoespraak.
• Die ATKV-temas hoef nie gebruik te word nie, en sprekers is dus vry om ‘ou’ toesprake ook te gebruik.
• Die toespraak moet beredeneerd van aard wees, en uit die volgende bestaan:
– Inleiding (met beredeneerde onderwerp/standpunt)
– Drie argumente met ondersteunende bronne
– Slot
• Kreatiewe taalgebruik word aangemoedig.
• Die gebruik van sprekersnotas (‘kaartjies’) word aanbeveel. Sprekers mag beperkte rekwisiete gebruik, maar dit word nie beoordeel nie.
• Verwys asseblief na die sillabus vir tydsbeperkings.
Individuele onvoorbereide oorredingstoespraak (Kategorie 3 en 4)
• In hierdie kategorieë word die spreker 1 uur gegun om ‘n toespraak oor ‘n gegewe onderwerp voor te berei.
• Die onderwerp en bronmateriaal word verskaf. Sprekers het dan 1 uur tyd om ‘n toespraak te skryf en voor te berei.
Algemene inligting
• In elke ouderdomskategorie word ‘n wenner, naaswenner, derde plek en mees belowende spreker aangewys.
• Elke deelnemer ontvang ‘n sertifikaat en beoordelaarsrepliek.
• Drag: skooldrag.
• Hou asseblief by die tydbeperkings. ‘n Klokkie sal gelui word indien tyd oorskry word.
• Meer as een afdeling mag tegelykertyd in die sentrum plaasvind; teater-etiket is dus baie belangrik.
• Versuim om die bogenoemde reëls na te kom, kan tot diskwalifikasie lei.
